Verkoopsagent - Suidelike Streek

KONTEKS: 

Tongaat Hulett Beperk het ‘n trotse 132 jaar lange geskiedenis en ‘n sterk sosio-ekonomiese nalatenskap in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika asook in Afrika suid van die Sahara. Tongaat Hulett Beperk, wat handel dryf as Voermol Voere, stel produsente in staat om hul herkouervee strategies te bestuur en te voer ten einde die produksie en wins van hul ondernemings te verbeter. Die maatskappy het ‘n reeks vooraanstaande melasse-gebaseerde produkte vir herkouers by wyse van wetenskaplike navorsing ontwikkel.

DOEL VAN POS:

Verkoopsagent – Suidelike streek

Gebiede: Clocolan, Excelsior, Ficksburg, Rosendal, Marquard, Senekal en Lesotho

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die verkoop van ‘n wye reeks Voermol-produkte, asook tegniese ondersteuning, aan produsente, koöperasies en landboumaatskappye in die bogenoemde gebiede. 

 

KWALIFIKASIES EN ONDERVINDING:

‘n Landbou Diploma of graad met ten minste drie jaar verkoopsondervinding in die landboumark.

 

AANSOEK: 

Aansoeke moet per e-pos gestuur word aan:

Leon de Klerk

[email protected]

Sel: 082 901 1073

Sluit asb jou CV, ‘n gesertifiseerde afskrif van jou identiteitsdokument, matrieksertifikaat en ander relevante kwalifikasies in.

Hierdie aanstelling sal in ooreenstemming met die maatskappy se beleid rakende billike indiensneming gemaak word. Dit sluit persone met gestremdhede in.

Indien jy nie binne twee weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was. 

Job Reference
2000483229
Company
Tongaat
Job Apply Email
Salary
0.0000
Job Location
South Africa
Industry

Manufacturing and Production
Date Posted
2024-08-01
Closing Date
2024/08/31